Nasionale Kredietreguleerder
Pretorium Trust is 'n geregistreerde kredietverskaffer ingevolge die Nasionale Kredietwet (NCRCP228) en onderskryf die kodes wat deur hierdie Wet vereis word.
Die gebruik van kredietfasiliteite vir verbruikersbesteding en die finansiering van motorvoertuie en luukse goedere is gerieflike en noodsaaklike instrumente vir baie verbruikers.
Indien kredietfasiliteite egter nie behoorlik bestuur word nie, kan 'n verbruiker in 'n skuldstrik beland met ernstige en nadelige langtermyngevolge.
A consumer who encounters financial difficulties to the extent that he can not service his debt, runs the risk of judgement been granted against him and also being blacklisted with a credit bureau. Ingevolge die Nasionale Kredietwet mag ons, teen 'n bykomende koste, die dienste van 'n skuldberader gebruik om sy skuld te herskeduleer.
Die nadeel vir 'n verbruiker is dat, totdat sy skuld vereffen is, hy toegang tot enige vorm van kredietooreenkoms geweier sal word.
Die volgende is 'n paar wenke wat verbruikers kan help wat aansoek wil doen vir krediet:
- Begroot maandeliks om u inkomste te vergelyk met uitgawes om te verseker dat die betalings ten opsigte van addisionele krediet aankope bekostigbaar is.
- In die meeste gevalle is rente sowel as ander kostes betaalbaar op kredietfasiliteite. Sodanige rente kan teen 'n vaste of 'n wisselende koers gehef word. Wisselende rentekoerse was in die geval van uiterste renteverhogings 'n groot oorsaak van finansiële probleme vir baie verbruikers. Dit is van kardinale belang dat 'n verbruiker vir sodanige onvoorsiene situasies moet begroot, veral met betrekking zu behuisingsverbande en motorvoertuigfinansiering.
- Budget for unforeseen expenses such as medical accounts before applying for credit. ’n Kredietfasiliteit is ’n handige instrument, maar moet ongelukkig streng ooreenkomstig die kredietooreenkoms betaal word.
- Die konsolidasie van skuld deur die verkryging van addisionele duur krediet mag die situasie vererger, aangesien nuwe skuld ook terugbetaal moet word. Dit sou raadsaam wees om eerder, vir eers, enige onnodige uitgawes te vermy. Om ’n mens se lewenstandaard te verlaag is moeilik om te doen, maar is gewis die beste opsie vanuit ’n langtermynoogpunt.