Skip to content

Ons nalatenskap

Pretorium Trust bied al aan meer as 4 generasies die voordele van ‘n betroubare aankoopkaart met ‘n kontantbonus. Ons bied ons lede ‘n maklike manier om al hul aankope te betaal en jaarliks ‘n kontantbonus te ontvang, sedert 1938. Ons is trots op die erfenis wat ons sedertdien opgebou het. Pretorium Trust se nuwe bonuscard is toekomsgerig met die doel om meer families, individue, skole, kerke en sakeondernemings tot ‘n bonuswêreld te verwelkom.

Ons het in 2020 meer as R49 miljoen uitbetaal – dit is gelyk aan ‘n bonusverklaring van 4,151% wat betaal is – vanaf jou maandelikse kruideniersware tot jou maandelikse versekeringspremies. Wil jy deel wees hiervan? Gebruik eenvoudig jou bonuscard wanneer jy jou aankope doen en jy kan ook elke jaar ‘n persentasie van jou aankope in kontant terug ontvang.

*Brandstofaankope uitgesluit

Gereelde vrae

Hoe word ek 'n bonuscard-lid?

Doen hier aanlyn aansoek of bel ons by 012 361 5526.

Wanneer ontvang ek my bonus?

Jou bonus word elke November in jou rekening inbetaal.

Kan ek steeds my huidige Pretorium Trust-kaart gebruik?

Jy sal steeds dieselfde voordele op jou ou kaart ontvang.

Kan enige iemand in my familie my kaart gebruik?

Nee, slegs die kaarthouer kan die bonuscard gebruik. Jy kan aansoek doen vir ‘n kaart vir jou gade of kinders en die hele gesin kan die voordele laat geniet.

Wanneer kry ek 'n nuwe kaart?

Jy sal jou bonuscard ontvang sodra jou huidige kaart verval.

Sal ek beloon word as ek die bonuscard aan my vriende en familie voorstel?

Ja. Ons bied ‘n werwingsfooi vir elke lid wat suksesvol gewerf word.

Wanneer betaal ek my rekening?

Jou bonuscard-rekening is betaalbaar op die laaste werksdag van die maand tot en met die 3de dag van die daaropvolgende maand. Indien die derde dag op ‘n naweek of openbare vakansiedag val, kan die rekening nog op die volgende werksdag betaal word.

Wat doen ek as ek my bonuscard verloor of as dit gesteel word?

Rapporteer dit by 012 361 5526 of 0800 110 929 (na-ure). Ons sal jou kaart teen ‘n fooi van R25 vervang.

Kan ek my kaart verseker?

Kaartbeskerming is beskikbaar teen slegs R12 per kaart, per jaar.
Bly op hoogte van al die jongste nuus oor ons produkte en dienste